Kaaskoek

This section is devoted to the hungry GPS user (whether caravaning, hiking or just an armchair GPS user). Feel free to post your favourite recipe (whether braai-fire or just a decadent dessert) for all to enjoy.
Post Reply
User avatar
Jan Horn
Administrator
Administrator
Posts: 1281
Joined: 2012-07-29T19:28:45+02:00
13
Location: Welkom-RSA
Has thanked: 14 times
Been thanked: 22 times
Age: 83

Kaaskoek

#1433

Post by Jan Horn »

Kaaskoek

Kors:
1½ Koppie beskuitjie krummels
75g Botter
½ Koppie Suiker
(Die krummels is `n mengsel helfte Tennis beskuitjies en helfte Nutty crunch beskuitjies)

Metode:
Verkrummel die beskuitjies en meng deeglik. Smelt die botter. Voeg al die bestanddele bymekaar en meng deeglik. Druk dit vas in `n gesmeerde pan 250x7 cm pan tot 1cm van bo af.

Vulsel.
1 koppie suiker
2 houers (500g) gewone geroomde kaas (Creamed Cheese)
3 houers (750ml) suur room
1 eetlepel mielieblom (Maizena)
3 groot eiers
1½ teelepels Vanilla
2 eetlepels Suurlemoensap
`n knippie sout

Metode
Meng al die bestanddele behalwe die eiers bymekaar en klits tot glad. Voeg die eiers een vir een by en klits tot glad. Giet in die pan. Bak vir 45min teen 170º C in `n vooraf verhitte oond op `n bakplaat. Skakel die oond af en laat afkoel in de oond vir 1 uur. Moet nie die oond oop maak nie. Verkoel oornag in die yskas.
Jan
Garmin Nuvi 52 Garmin Drive Assist 51 Samsung Galaxy S21
Post Reply

Return to “Recipes”